Skadevergoeding van R4 miljoen weens seksuele teistering by die werkplek

Werkgewers wat nie die probleem van seksuele teistering in die werkplek voldoende aanspreek nie, kan verwag om die prys daarvoor in die hof te betaal. Dieselfde geld natuurlik vir die betrokke oortreders wat hulself aan sulke gedrag skuldig maak.
Sexual-Assault-2

“The stance adopted by the Municipality at the trial demonstrated a disturbing lack of appreciation of its legal obligation to have provided E[….] with a safe working environment.” (Uitspraak van hierdie saak.)

 

Ons howe duld geen vorm van seksuele teistering in die werkplek nie. ‘n Onlangse beslissing van die Hooggeregshof handel met die risiko vir werknemers wat hulle aan seksuele teistering skuldig maak, en die risiko vir werkgewers as hulle nie beslissend hierteen optree nie.

Die geval van seksuele teistering en die skadevergoedingseis

  • In 2009 is ‘n ‘lewenslustige 23-jarige vrou’ in diens van ‘n munisipaliteit as ‘n klerk, deur haar onmiddellike hoof, die Bestuurder van Korporatiewe Dienste, seksueel aangerand.
  • Die aanval is as volg beskryf: “As she looked up he bent down with his head over hers and, putting his mouth over hers, attempted to force his tongue into her mouth. She clenched her teeth and tried unsuccessfully to push him away.  After a minute or so he desisted, leaving her with a mouthful of his saliva.  She immediately wiped the saliva off her mouth.  He then also tried to wipe her mouth with his hand but she knocked it away.” Die hof bevind dat hierdie nie ‘n poging was om die slagoffer te “soen” nie; dit was baie ver van ‘n ‘soen’ verwyderd. Dit was ‘n geval van ‘n seksuele aanranding.
  • Die slagoffer het daarna uit haar werk bedank “nadat haar werkgewer haar diens ondraaglik gemaak het om haar te dwing om te bedank”. Vir verskeie redes het sy besluit om haar eis vir skadevergoeding weens onbillike ontslag in die Hooggeregshof uit te reik, eerder as om ‘n eis vir onbillike konstruktiewe ontslag by die KVBA (Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie) in te dien. Beide hierdie roetes is vir enige slagoffer van sulke wangedrag beskikbaar. Die feite en verskillende faktore sal bepalend wees in elke spesifieke geval.
  • Haar lang en uitmergelende hofstryd het begin. In 2016 het die Hooggeregshof in die guns van die slagoffer bevind. Die Hooggeregshof het bevind dat haar werkgewer en die bestuurder teenoor haar aanspreeklik is vir ‘die skadevergoeding wat sy kan bewys wat sy gely het as gevolg van hierdie bewese seksuele aanranding op haar”.
  • Hierna moes die slagoffer teruggaan na die Hooggeregshof om haar skade te bewys. Na aanhoor van al die getuienis bevind die hof dat sy ‘diep getraumatiseerd was, sy het aan post-traumatiese stresversteuring gely wat uitgebreide psigoterapie vereis het. Die lewensloop van die getraumatiseerde 34-jarige vrou wat teen die einde van Julie 2020 oor die omvang van die skade getuig het, is wesenlik verander as gevolg van die seksuele aanranding.”

Die werkgewer se totaal onaanvaarbare benadering. Die hof beskryf dit as “supine approach of bovine resignation”

  • Die hof het die werkgewer ernstig betig omdat dit “geen verantwoordelikheid vir hul optrede aanvaar het nie en aanspreeklikheid ontken het tydens die verhoor. Die werkgewer het op geen stadium verskoning aangebied vir die geweldige lyding wat dit E[…] veroorsaak het nie. Die werkgewer het alles in hul vermoë gedoen om te keer dat E […] vergoed word vir die onreg wat sy gely het.
  • Tydens ‘n dissiplinêre ondersoek is die bestuurder aan growwe wangedrag skuldig bevind. Sy straf was ‘n skorsing van twee weke sonder betaling, eerder as ontslag. Die hof beskryf dit in geheel as onverstaanbaar en onverklaarbaar gegewe die aard van die oortreding en die omstandighede waarin die bestuurder sy gesagsposisie misbruik het. “Hy het ‘n vroulike ondergeskikte wat aan hom verslag moes doen, aangeval terwyl sy in ‘n besonder kwesbare posisie was omdat sy ‘n tydelike werknemer was toe hy haar seksueel aangerand het. Die bestuurder het op geen stadium enige berou getoon nie. Hy het tot aan die einde van die hofsaak op die aanval gebly. Waar ‘n werknemer aan growwe wangedrag skuldig bevind is en nie die eerste stap in die rigting van rehabilitasie neem deur sy oortreding te erken nie, is daar min ruimte vir regstellende of progressiewe dissipline.” (Die bestuurder het ook ‘n opgeskorte vonnis van gevangenisstraf gekry nadat die slagoffer hom aangekla het. Hy was ook op daardie stadium onderhewig aan ‘n finale skriftelike waarskuwing vir diefstal van sy werkgewer.)
  • Die werkgewer se “benadering om sy hande van die saak te was “á la Pontius Pilates” het ongelukkig tekort geskiet aan wat in die omstandighede van ‘n werkgewer vereis word. Die munisipaliteit het afstand gedoen van sy verantwoordelikhede om E […] te beskerm “and adopted a supine approach of bovine resignation”. Die werkgewer se optrede is as ruggraatloos en in geheel onvanpas en ontoereikend bevind.
  • Die hof het verder oor die werkgewer se ontoereikende optrede uitgebrei. Die Munisipaliteit as die werkgewer het:

 

“through protracted litigation, made her wait so long for justice, thereby adding to her suffering …On a human level, the defence which was put up by the Municipality was devoid of introspection, humility or compassion …it had lengthened and intensified the trauma suffered by E[…] … there was no, as it were, corporate repentance …”

 

  • Hierdie Munispaliteit was baie vinnig om die eis teen te staan en baie stadig om na die stem van E – die aangevalle werknemer – te luister.

Die eindresultaat – die werkgewer en die bestuurder moet “gesamentlik en afsonderlik” die skadevergoeding in die bedrag van R3,998,955.02 aan die slagoffer betaal vir verlies aan verdienste, sielkundige en mediese uitgawes en algemene skadevergoeding. Hulle is ook verantwoordelik vir die regskoste, insluitend die koste van vier deskundige getuies.

Lees die Engelse weergawe hier.